top of page
WIE IS ONS

Ons twee, Sarel en Irma Roets is onafskeidbaar van mekaar en het 'n onversadigbare honger na reis en om saam avonture te beleef. As ons nie oor die water rond rits nie rits ons rond in Afrika. Ons avonture is ons goue juwele.

Ons grootste en mooiste juwele was onder andere:

​

Toe ons baie ver van enige mense af in donker Afrika-nagte leeus en luiperd in en om ons kamp beleef het.

​

Tydens Ramadan het ons per veerboot oor die Golf van Aqaba gevaar en geen van die honderde sweterige Arabiere kon eers effens Engels verstaan nie.

​

In Angola het ons baie ver op 'n pad gery met baie min teer tussen al die slaggate.

​

Saam met vriende het ons die Road to Hell, 'n pad (???) na die Oranjerivier aangedurf. Irma sweer hoog en laag dat as die pad na die hel so lyk sy nie kans sien vir die hel nie.

​

In die Namib het ons met hoë duine reg rondom ons in 'n gat vasgesit waaruit ons nie kon uit kom nie.

​

As onervare reisigers het ons op die uiters verlate Hartmansvlakte, in die Noorde van Namibië,  in die middel van 'n bloedhetige dag so vasgeval dat ons ons self uit skroeiende sand moes uit grawe.

​

Ons het meer as 28 uur op 'n modderige, muskietbesmette pan in 'n Zambiese vloedvlakte oorleef nadat ons kar tot by sy aste in die modder vasgeval het.

​

AI DIE LEWE IS LEKKER!!!

Soli Deo Gloria
bottom of page